Swan Bells

Die Swan Bells

Die Swan Bells (31°57′32″S 115°51′29″O / 31.95889°S 115.85806°O / -31.95889; 115.85806) is 'n stel van agtien klokke wat in 'n doelgemaakte 82,5 meter hoë kloktoring uit koper en glas in Perth, Wes-Australië hang. Die klokke ontneem hulle naam van die Swanrivier waarop die toring uitkyk. Die stel van sestien klokke met twee bykomend chromatiese note, is een van die grootste stel wissellui-klokke ter wêreld.

Twaalf van die stel is geskiedkundige klokke vanaf die St Martin-in-the-Fields-kerk in Trafalgarplein in Londen; ses ander, wat meer onlangs by die Whitechapel-klokgietery gegiet, rond die stel af. Die St Martin-in-the-Fields-klokke is aan die staat van Wes-Australië geskenk as deel van die dubbele eeufeesvieringe en die bykomende klokke is gegiet na 'n skenking van metaal wat in Wes-Australië ontgin word. Die ses nuwer klokke sluit vyf klokke in wat aan die Universiteit van Wes-Australië, die stad Perth en die mense van Wes-Australië deur die stad Londen, die stad van Westminster en 'n konsortium van Britse en Australiese mynmaatskappye geskenk is en dan nog 'n klok wat deur die Wes-Australiese regering laat vervaardig is.

'n Paadjie wat uitgevoer is met keramiekteëls omring die toring. Hierdie teëls kom uit bykans elke skool in Wes-Australië en is alfabeties gerangskik volgens die skole se name. Elke skool se teël het die name van die studente op wat in die jaar 1999 daar skool gegaan het. Elke kind het sy of haar naam self daarop geskryf.

Die toring is sedert sy opening op 10 Desember 2000 'n groot toeriste trekpleister in die stad en is deur byna 1 miljoen mense besoek.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search